GKSA Standpunte: Doodstraf

2003 Herinstelling van die doodstraf

In Junie 1995 het die Konstitusionele Hof bevind dat die doodstraf in stryd is met die grondwet en dit is afgeskaf.

A. Bepalings van die grondwet
1. Die mening van die meerderheid Suid-Afrikaners


'n "Informele referendum" is in Suid-Afrika gehou met motorplakkers om steun te wys vir die herinstelling van die doodstraf.

In April 1995 het 'n meningsopname aan die lig gebring dat 80% van die blankes en 49% van die swartes wat deelgeneem het, die behoud van die doodstraf steun.

Die Konstitusionele Hof was ook daarvan bewus, maar het gemeen die openbare mening kan nie die plig van die hof om die grondwet te interpreteer, vervang nie.

2. Argumente ter steun vir die afskaffing van die doodstraf


2.1 Die doodstraf druis in teen die volgende vier grondwetlike bepalings:

I. 'n verbod op wrede en onmenslike straf;
II. die beginsel van menswaardigheid en menswaardige optrede ;
III. die beginsel van gelyke behandeling voor die reg;
IV. die reg op lewe.

2.2 In die nuwe orde is parlementÍre besluite onderhewig aan die Grondwet. Gevolglik sal selfs 'n parlementÍre meerderheidsbesluit om die doodstraf terug te bring deur die hof in terme van 2.1 se bepalings ongrondwetlik bevind kan word.

2.3 Veronderstel egter 'n parlementÍre meerderheid sou besluit om die Grondwet te wysig, om die herinstelling van die doodstraf moontlik te maak:

Eerstens sal die prosedurele vereistes vir die wysiging van die Grondwet nagekom moet word.

Voorts sal die wysiging uitsonderings op al vier gronde moet skep.

Die parlement sal ook die strafproseswet moet wysig om 'n nuwe doodsvonnisbedeling in te stel. *

Die Konstitusionele Hof kan nog steeds vereis dat vir 'n vonnis wat so drasties en onherroeplik is, hoŽr standaarde van "billike verhoor" moet geld. Hierdie standaarde kan die doodsvonnis heeltemal onprakties maak.

'n Kortpad is om die Handves van Regte te wysig: sÍ eenvoudig dat geen bepaling in die Grondwet die oplegging en uitvoer van die doodsvonnis ongrondwetlik maak nie. Die Handves van Regte is egter gegrond op internasionaal aanvaarde beginsels en sal op grond daarvan, moeilik verander word Ė enige handves word uiteraard nie eintlik gewysig nie.

2.4 Dit is egter wesenlik belangrik dat die grondwetlike orde in Suid-Afrika gehandhaaf word, onder meer die vier genoemde grondbeginsels in die Grondwet. Regter Chaskalson het dieselfde punt in sy Konstitusionele Hof-uitspraak gemaak: "The very reason for establishing the new legal order and for vesting the power of judicial review of all legislation in the courts, was to protect the rights of minorities and others who cannot protect their rights adequately through the democratic process."

* Onthou dat individuele wette ook aangepas sal moet word om die straf vir 'n spesifieke oortreding te wysig na bv. doodstraf.

3. Menseregte van misdadigers

Die beskerming van menseregte in 'n land se grondwet, beteken uiteraard dat alle landsburgers beskerm word Ė nie net die "goeies" nie.

3.1 Met die beskerming van menseregte het regter Chaskalson gesÍ dat ook sosiale uitvaagsels en mense wat na die randgebied van die gemeenskap uitgedryf is, beskerm moet word: "It was only when there was a willingness to protect the worst and weakest of our society that we could all be secure that our rights would be protected." Die Konstitusionele Hof het dus ingevolge hierdie uitspraak 'n plig om die menseregte van die misdadigers ("the worst") en van hulle slagoffers ("the weakest") te beskerm.

3.2 Die vraag is, in hoe 'n mate word die slagoffers beskerm?

B. Enkele perspektiewe op die herinstelling van die doodstraf
1. Die doodstraf as oplossong vir misdaad

1.1 Die onmiddellike herinstelling van die doodstraf word dikwels gesien as die oplossing vir ons land se misdaadvraagstuk. Vanuit 'n regsoogpunt beskou, blyk dit egter hoegenaamd nie 'n uitgemaakte saak te wees dat die herinstelling van die doodstraf onder die huidige omstandighede, enigsins 'n verskil sal maak aan die toenemende vlaag van misdaad nie.

1.2. Die doodstraf is in vroeŽre jare so min voltrek dat vonnisopleggers oor die jare weinig of geen sinvolle gevolgtrekking ten opsigte van die retributiewe effek daarvan kon maak nie. Sedert die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party in 1948 was daar maar slegs sowat 2000 doodsvonnisse opgelÍ, waarvan ongeveer 75% voltrek was. Sedert 1989 was daar in elk geval, vanweŽ 'n moratorium, hoegenaamd geen sodanige vonnis voltrek nie.

2. Straf: 'n Oplossing vir misdaad in Suid-Afrika?


2.1 Die gemeenskap van wetsgehoorsame Suid-Afrikaners is onder groot druk omdat hulle uitgelewer is aan 'n misdaadgolf wat alles en almal oorspoel Ė ondoeltreffende polisiŽring, gebrekkige regspraktyke en ondoeltreffende vonnisse is deel daarvan.

2.2 As al die regsprosesse: polisiŽring, vonnisoplegging en straf, nie afsonderlik en in samehang doeltreffend is nie, sal Suid-Afrika se misdaadprobleem nie opgelos kan word nie. Sonder 'n ingrypende hervorming van ons regsorde is die herinstelling van die doodstraf irrelevant tot die oplossing van die misdaadprobleem in Suid-Afrika.

2.3 Werklose en daklose rondswerwers word nie afgeskrik deur gevangenisstraf of selfs die doodstraf nie Ė elke dag is immers 'n stryd om oorlewing en kos en onderdak (in die tronk) is 'n welkome verligting.

2.4 Moet armoede die skuld kry vir misdaad in Suid-Afrika? "Sonder uitsondering word daar daagliks in ons howe deur vonnisopleggers aangehoor dat geweldsmisdadigers, huisbrekers, rowers, bedrieŽrs, ens. werkloos is en dat hulle dade grootliks deur hongerte gemotiveer was. Die skerp toename van veediefstal elke jaar voor Kersfees is 'n klinkende voorbeeld van die feit dat daar vir die pot gesteel word." Sů sÍ 'n landdros wat met die praktyk te doen het.

2.5 'n Veranderende maatskaplike beleid in Suid-Afrika wys daarop, dat om 'n persoon uit die samelewing te verwyder en deel van 'n "sisteem van misdadigers" te maak (tronkstraf), nie suksesvol was nie. Gevangenes ontsnap wel uit tronke, maar oor die algemeen nie uit die siklus van oortreding en inperking, of oplossing van ín probleem deur geweld nie.

2.6 Uit ín studie van motorkapers blyk die volgende:

Motorkapings word suiwer as gevolg van die lonendheid daarvan uitgevoer. Die gemiddelde inkomste vir 'n gekaapte motor is tussen R10 000 en R20 000. Mnr X wat alleen gewerk het en 55 jaar tronkstraf uitdien, het in sy beste maand R800 000 verdien! (Terloops, hy het 'n BCom graad.)
'n Gewelddadige misdaad soos motorkaping ontwikkel uit 'n klimaat van geweld. Die gebruik van geweld is nie vir kapers onaanvaarbaar nie. Is daar nie te veel geweld op TV, flieks, in gesinne ens. nie?
Motorkapers meen die kans om gevang en gestraf te word in Suid-Afrika is minimaal. (Doodstraf maak geen verskil aan hulle argument nie.) As hulle gevang word is hulle gou uit op borgtog. Die oneffektiwiteit van die strafregpleging word al hoe meer genoem as bydraende faktor tot groeiende misdaad.

3. Probleme met polisiŽring, vonnisoplegging en straf.

Die volgende probleme verdien dringende aandag:

3.1 Ongeveer 1 uit elke 100 misdadigers word uiteindelik voor die hof gebring. In 'n sekere landdroshof is daar vir die tydperk 1 Oktober 1999 tot 31 Desember 1999 'n totaal van 926 lasbriewe tot die arrestasie van persone wat dagvaardigings verontagsaam het, gemagtig. Slegs 32 daarvan is uitgevoer.

3.2 Sake wat teruggetrek word vanweŽ karige ondersoeke deur ondersoekbeamptes, is legio.

3.3 Minderjarige misdadigers moet deur die reg beskerm word, maar 'n sestienjarige wat aktief deelneem aan huisbraak, gewapende roof, moord of verkragting, is sekerlik toerekeningsvatbaar. Elke geval behoort op eie meriete beoordeel te word.

3.4 Sake sloer om afgehandel te word. Hofrolle is tot so 'n mate oorlaai dat daar sake is wat 4 jaar of meer neem om gefinaliseer te word. Intussen het belangrike getuies verdwyn, of hulle is reeds oorlede.

3.5 Die paroolstelsel.

3.6 Die toelating van leke assessors in howe.

3.7 Oneerlike regsverteenwoordigers.

3.8 Die (on)kundigheid van landdroste en aanklaers.

3.9 Gebrek aan werksure in die howe.

3.10 OnvermoŽ van die Staat om voldoende bewyse teen 'n beskuldigde in te bring vir maksimum vonnisoplegging.

3.11 Bekentenisse aan 'n landdros/traumaberader kan tans nie sonder meer as getuienis teen 'n beskuldigde gebruik word nie.

4. Misdaadvoorkoming en slagofferbemagtiging.

Die klem het die afgelope jare verskuif na misdaadvoorkoming en slagofferbemagtiging. Onder andere is die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie gepubliseer. Wette is gewysig om wapens te beperk en geweld tydens inhegtenisnames te verhinder.

Tans sien ons egter geen effek van bogenoemde maatreŽls om geweld en misdaad te verminder nie. Ons word in teendeel daagliks gekonfronteer met oneffektiwiteit en korrupsie in die praktyk.

Wat is die werklike oorsake van misdaad? Die regering spandeer miljoene rande aan die opheffing van armoede Ė is dit hoegenaamd haalbaar? Wat is die invloed van dwelms en alkohol, sedelike verval en disintegrerende gesinstrukture op misdaad? Waar begin 'n mens misdaad voorkom Ė by Christelike waardes? Hoe effektief is slagofferbemagtiging en in hoe 'n mate sal dit misdaad in Suid-Afrika laat afneem? Dit is voorbeelde van die talle onbeantwoorde vrae.

 
terug na bo
 
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0