GKSA Standpunte: Homoseksualisme
Brief aan die regering rakende Homoseksualisme


Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Posbus 20004, Tel. (018) 297 3989
NOORDBRUG 2522 Faks. (018) 293 1042
POTCHEFSTROOM
E-pos: nvorster@telkomsa.net
The Hon. F Chohan-Kota
Chair, Protfolio Committee on Justice & Constitutional Development
The Hon. HP ChaukeChair, Portfolio Committee on Home Affairs

National Assembly
PO Box 15
Cape Town
8000


Geagte Me. Chohan-Kota and Mr Chauke

Voorlegging aan die Portefeulje-Komitee van die Departement van Binnelandse Sake oor die wysiging van die Huwelikswet (Wet No. 25 van 1961): reaksie op die Konsepwet vir Burgerlike Verbintenisse (Civil Unions Bill)

Die deputate vir skakeling met die owerheid van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika wil graag die volgende standpunt aan u voorlÍ in verband met die voorgenome wettiging van homoseksuele huwelike. Die standpuntstelling word vergesel van ín bylaag waarin ín beredenering van Bybelse gegewens en regsfilosofiese gegewens vervat is.

Ons standpunt is soos volg:


Volgens die Skrif is homoseksuele gedrag teen die skeppingsorde (contra naturam). God het die heteroseksuele monogame huwelik ingestel as die ruimte waarbinne seksualiteit moet plaasvind. Daarom moet enige vorm van homoseksuele gedrag en dus ook die sogenaamde homoseksuele huwelik deur die Christelike etiek afgewys word. Persone met die homoseksuele oriŽntering het die verantwoordelikheid om hulle te weerhou van homoseksuele gedrag net soos alle ander mense ten opsigte van hulle gebroke menslike natuur selfbeheersing moet beoefen.

VanweŽ die feit dat homoseksuele gedrag contra naturam is, kan die Christelike etiek en dus ook die kerk nie enige legitimiteit verleen aan ín homoseksuele verhouding of ín homoseksuele huwelik nie. Hierdie beskouing vorm die waardestelsel van die meerderheid van die Suid-Afrikaanse samelewing. VanweŽ die feit dat ín grondwet groei uit ín bepaalde geskiedenis en die waardestelsel van die gemeenskap behoort te weerspieŽl, behoort die owerheid in Suid-Afrika daarom ook nie enige legimiteit te verleen aan homoseksuele huwelike nie. Aangesien wetgewing ook ín etiese waarde weerspieŽl en skep, sal sodanige wetgewing die boodskap aan die Suid-Afrikaanse bevolking deurgee dat homoseksuele gedrag moreel aanvaarbaar en normale gedrag is.

Dit is verder ons mening dat die wetlike herdefiniŽring van die huwelik tot ín verbintenis wat mense van dieselfde geslag kan insluit, verreikende gevolge vir ons samelewing kan hÍ. Dit sal beteken dat homoseksuele egpare ook kinders wetlik mag aanneem en grootmaak. Volgens ons kan ín homoseksuele huwelik nie ín ruimte bied waarin kinders natuurlik opgevoed kan word nie, aangesien studies reeds bewys het dat kinders leiding van ouers van beide geslagte nodig het. Sodanige herdefiniŽring van die huwelik sal eerder tot verdere abnormaliteite in ons samelewing lei, wat reeds swaar getref word deur die verbrokkeling van familie- en gesinsnetwerke. Verder sal ín herdefinisie van die huwelik beteken dat die staat die reg op seksuele oriŽntasie ingevolge artikel 9 van die Grondwet ongekwalifiseerd handhaaf, sonder om enige grense vir die uitoefening van die reg te stel. Dit sal volgens ons ruimte laat vir die toekomstige wettiging van poligamiese huwelike en ander verbintenisse.

Volgens die gedragswetenskappe is die homoseksuele oriŽntering van kern- of egte homoseksueles nie veranderbaar nie. Hierdie oriŽntasie is geleŽ in ín bepaalde verlies in die ontwikkelingsfases gedurende die kinderjare. Die kerk behoort met Christelike liefde en pastorale deernis die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie te begelei om hierdie verlies te verstaan en te verwerk. Die homoseksuele persoon het nie gekies om so ín oriŽntasie te hÍ nie, maar kan kies wat om daarmee te maak.

Die gelowige persoon met ín homoseksuele oriŽntering, wat nie homoseksuele gedrag beoefen nie, moet as volle lid van die kerk hanteer word en moet dieselfde regte as enige ander gelowige geniet. As landsburger moet die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie alle regte van die grondwet geniet en mag daar op geen wyse teen so ín persoon gediskrimineer word nie. Hierdie regte sluit egter nie die aangaan van ín homoseksuele verhouding of huwelik in nie, omdat die huwelik ín heteroseksuele verbintenis is. ín Homoseksuele huwelik of wettige homoseksuele verbintenis word nie in die Christelike etiek as ín fundamentale reg beskou nie.

Homofobiese gedrag en ook ander diskriminasie teen persone met ín homoseksuele oriŽntasie is egter strydig met die liefdesgebod en dus oneties. Die kerk en die owerheid moet alle vorme van homofobiese gedrag afwys.

Persone met ín homoseksuele oriŽntasie het dus die reg om volledig menslik behandel te word in die kerk en in die samelewing, maar het die verantwoordelikheid om hulle te weerhou van enige vorm van homoseksuele gedrag en kan nie aanspraak maak op die reg van ín homoseksuele huwelik nie.

Met agting
Dr. N. Vorster
Skriba Deputate vir gesprek met die owerheid.

__________________________________________________________________________________________________________________

Onderstaande artikel is gepubliseer deur prof. J.M. Vorster as ʼn standpunt stelling. Die inhoud van die artikel is nie hanteer deur ʼn algemene sinode van die GKSA en moet dus nie gesien word as die amptelike standpunt van die GKSA nie.

J.M. Vorster
Skool vir Kerkwetenskappe (NWU Potch)
kwsjmv@puk.ac.za
Abstract
The rights and responsibilities of the homosexual person.


Homosexual conduct is at the moment a very contentious issue in Christian Ethics in South Africa. The arguments in favor of a Christian ethical approval of homosexual relations, that were entertained in the seventies and eighties of the previous century in Europe and the United States, are now on the agenda of the Dutch Reformed Churches in South Africa. The issue of possible official marriages between homosexual partners are also under consideration due a judgement of the Court of Appeal in South Africa that a prohibition on same-sex marriages should be regarded as unconstitutional. This article investigates the arguments of the proponents of homosexual marriages by evaluating the scriptural testimonies regarding homosexual conduct and by formulating ethical norms applicable to this theme. The conclusion is that Scripture forbids homosexual conduct because it is considered as contra naturam. Therefore the government and the Church cannot condone homosexual conduct as well as same-sex marriages because these relations run against the Biblical and constitutional value of human dignity. However, in spite of this principle both government and the Church has an obligation to treat homosexual people with justice and love and to reject any form of homophobia.

Opsomming

Die regte en verantwoordelikhede van die homoseksuele persoon.

Homoseksuele gedrag is vandag ín baie omstrede saak in die Christelike etiek in Suid-Afrika. Die argumente ten gunste van die etiese regverdiging van homoseksuele gedrag, wat in die sewentiger- en tagtigerdekades van die vorige eeu in Europa ontwikkel is, is nou ook op die agenda van kerke in die gereformeerde tradisie in Suid-Afrika. Die sogenaamde gay huwelike is ook hier onder bespreking as gevolg van die uitspraak van die AppŤlhof dat die verbod op sodanige huwelike as ongrondwetlik beskou moet word. Hierdie artikel ondersoek die argumente van die voorstaanders van gay huwelike deur hulle beroep op die Skrif te evalueer en om etiese norme te formuleer wat op die saak van toepassing is. Die konklusie is dat die Skrif gay huwelike verbied omdat dit beskou word as contra naturam. Die kerk en die sentrale owerheid mag nie gay huwelike en homoseksuele gedrag kondoneer nie omdat dit strydig is met die Skriftuurlike en grondwetlike waardes van menswaardigheid. Tog het die owerheid en die kerk die taak om mense met ín homoseksuele oriŽntasie regverdig, billik en met liefde te behandel en om enige vorm van homofobie teen te staan.

1. Inleiding

Sedert die tagtigerjare van die vorige eeu is die Christelike etiek in die Westerse wÍreld toenemend gekonfronteer met die saak van homoseksualiteit.(1) Hierdie konfrontasie is meegebring deur die opkomende menseregtekultuur wat dit bepleit het dat die reg van homoseksuele mense om self keuses te maak oor die hantering van hulle seksuele oriŽntasie erken moet word. Verder word daar ín saak voor uitgemaak dat homoseksuele persone dieselfde regte as alle ander mense in die samelewing moet geniet. Hierdie regte sluit in dat hulle instaat behoort te wees om met mense van dieselfde geslag ín huwelik te kan sluit. Menseregteorganisasies en sommige kerke het tradisionele opvattings oor homoseksualiteit die stryd aangesÍ en gestry vir die bevryding van die persone met ín homoseksuele oriŽntasie.

Nou, twintig jaar later, word die moderne Westerse samelewing ten opsigte van hierdie saak gekenmerk deur twee uiteenlopende tendense. Die een tendens is dat homoseksuele gedrag as normale gedrag beskou word en dat die huwelik tussen homoseksuele mense gewettig moet word. Nederland het in die wettiging van die homoseksuele huwelik die voortou geneem en in Suid-Afrika het die AppŤlhof in Desember 2004 ín appŤl laat slaag teen ín vroŽere uitspraak van die Hooggeregshof dat die homoseksuele huwelik onwettig is. Die Suid-Afrikaanse regering by die Konstitusionele Hof het appťl aangeteken, maar die appŤl is afgewys. Die Konstitusionele Hof het die Parlement opdrag gegee om die huwelikswet so te wysig dat homoseksuele verbintenisse wettig is. Dit is duidelik dat regslui oordeel dat ín verbod op die homoseksuele huwelik die grondwet se grondwaardes van vryheid en gelykheid aantas. Homoseksuele gedrag word in die reg en ook in die menswetenskappe al hoe meer as normale gedrag getipeer.

Hierdie tendens het egter ook ín fel teenreaksie opgeroep. Fundamentalistiese godsdiensgroepe en inheemse kulture wat die normalisering van homoseksuele gedrag in die Westerse lande as immoreel en as in stryd met hulle eie lewenswaardes beskou, antwoord daarop met wat beskrywe kan word as ďhomofobieĒ. Hierdie term omskryf ín gesindheid van haat en dade van aggressie, wantroue en verontregting teen persone met ín homoseksuele oriŽntasie. Soos die normalisering van homoseksuele gedrag toegeneem het, het homofobie ook toegeneem.

Christelike kerke het in die verlede homoseksuele gedrag afgewys (Douma, 1984:19). As gevolg van die nuwe besinning oor die afgelope vyf dekades het sommige kerke ín ander standpunt ingeneem. Tans staan die Christelike kerke aan weerskante van die spanning. ín Onlangse studie wat vir die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGKSA) oor die tema gedoen is, meld die volgende:

Aan die eenkant is daar persone (en kerke Ė JMV) wat die tekste (oor homoseksualiteit) as verwysings na die verskynsel van homoseksualiteit as sodanig beskou en dit derhalwe interpreteer as ín duidelike aanduiding dat die Skrif ín sterk negatiewe oordeel daaroor uitspreek. Aan die ander kant is daar persone (en kerke Ė JMV) wat dieselfde tekste beskou as verwysings na spesifieke geperverteerde vorme vam homoseksualiteit (byvoorbeeld verkragting, tempelprostitusie, afgodery en pederastie) en op grond daarvan aanvaar dat dit nie as veroordeling van homoseksualiteit as sodanig beskou kan word nie (NGKSA, 2004:4).

Daar is ook verskeie Christelike etici wat oordeel dat homoseksuele gedrag as ín normale uitdrukking van seksualiteit beskou moet word solank dit beoefen word binne ín vaste verhouding. Christelike etici neem een van drie posisies in:

Die eerste beskouing gaan uit van die standpunt dat die Skrif enige vorm van homoseksuele gedrag verbied (Douma, 1984:41; Grenz, 1990:215; De Bruyn, 1998:189; Van Wyk, 2001:321). Hierdie posisie kan getipeer word as die tradisionele beskouing.

Die tweede beskouing beskou eersgenoemde standpunt as fundamentalisties (Johnston, 1983:3). Hierdie etici oordeel dat die Skrif voorsiening maak vir homoseksuele gedrag binne ín vaste verhouding en dat die beginsels van ín heterogene huwelik ook op so ín verhouding van toepassing is (McNeill, 1977:113; Johnston, 1983:173; Edwards, 1984:103; Brash, 1995:55, McCormick & Russell, 2002:189). Hierdie posisie kan getipeer word as die moderne beskouing.

Die derde posisie gaan uit van die standpunt dat die Skrif geen relevante gegewens oor homoseksualiteit bied nie, omdat die Bybel ín ou boek is wat met die kennis en insigte van daardie tyd geskryf is. Die probleem lÍ nie by homoseksualiteit nie maar by die Skrif self. Standpunte oor homoseksualiteit moet gevorm word in die lig van hedendaagse wetenskaplike kennis oor homoseksualiteit en die bevrydingsboodskap in die Bybel (Macourt, 1977:24). Hierdie posisie kan getipeer word as die Skrifkritiese beskouing.(2)

Die skerp reaksie in Suid-Afrika oor die uitspraak van die Konstitusionele Hof en die verdeeldheid daaroor tussen christene onderling, asook tussen sommige christene en die ander godsdienste in die land, maak verdere besinning oor hierdie saak noodsaaklik. Aan die eenkant moet die regte van die homoseksuele persoon in ín grondwetlike demokrasie verskans word, maar aan die anderkant kan dit nie gedoen word sonder inagneming van die waardestelsel van die gemeenskap nie.

Hierdie artikel poog om ín bydrae te lewer in die verdere nadenke oor die saak in Christelike kringe. Daar word van die voorveronderstelling uitgegaan van die goddelike inspirasie en gesag van die Skrif as die besondere openbaring van God, soos bely word in artikels 3 Ė 5 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Die logiese konsekwensie van hierdie voorveronderstelling is dat die Skrif wel vir die moderne tyd eties relevant is en die saak van homoseksuele gedrag aanspreek. Dit beteken egter nie dat die insigte van die wetenskap geÔgnoreer word nie. Inteendeel, daar sal ook gewys word op die feit dat die resultate van navorsing oor die saak van groot waarde is in die formulering van ín Christelik-etiese standpunt asook vir die wyse waarop die kerk haar roeping teenoor persone met ín homoseksuele oriŽntasie kan vervul. Die skrifkritiese standpunt dat die Skrif in hierdie opsig nie meer relevant is nie, is ín hermeneutiese vraag wat nie hier gedebatteer word nie. Die navorsing sal dus toespits op die tradisionele beskouing en die moderne beskouing en nie op die skrifkritiese beskouing nie.

Die navorsingsvraag lui soos volg. Watter beginsels en norme kan die Christelike etiek neerlÍ vir homoseksuele gedrag en wat is in die lig hiervan die regte en verantwoordelikhede van die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie in ín grondwetlike demokrasie? Vrae wat hieruit voortvloei is die volgende: Is homoseksuele gedrag aanvaarbaar as dit uitgeleef word in ín permanente verhouding?

Wat sÍ die gedragswetenskappe?

Kan homoseksuele huwelike gewettig word?
Hoe moet ďhomofobieĒ beoordeel word?
Wat is die rol van die owerheid en die kerk in die hantering van homoseksualiteit?

As hipotese word die volgende gestel: Homoseksualiteit as oriŽntasie is ín komplekse saak wat met omsigtigheid hanteer moet word. Homoseksuele gedrag is egter contra naturam en kan nie gelegitimeer word as normale gedrag of normale verhoudinge in intermenslike verkeer nie. Hoewel die owerheid die fundamentele regte van persone met ín homoseksuele oriŽntasie moet beskerm, kan die owerheid nie legitimiteit verleen aan homoseksuele huwelike nie, omdat dit contra naturam is en indruis teen die waardestelsel van die gemeenskap.

In die ondersoek word eers aandag gegee aan die etiese beginsels ter sprake. In die lig hiervan word etiese norme uitgespel waarna die konsekwensies hiervan vir die verantwoordelikhede van die gemeenskap, die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie, die roeping van die kerk en die plig van die owerheid ten opsigte van die hantering van die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie bespreek word.

2. Etiese beginsels ten opsigte homoseksualiteit

Vir ín ondersoek na die Skriftuurlike gegewens oor homoseksuele gedrag is drie sake belangrik. Eerstens moet die sosio-historiese konteks van die gedeeltes verreken word. Hierin het die moderne beskouing ín besondere bydrae gelewer. Tweedens moet die uitsprake wat voorkom in verskillende dele van die Ou en Nuwe Testament nie van die geheel van die Skrifboodskap en die deurlopende heilshistoriese lyne losgemaak word nie. Om die Skrif te verstaan is die verklaring van diť deel teen die agtergrond van die geheel uiters belangrik. Hierdie uitgangspunt is ín belangrike beginsel in die tradisionele gereformeerde hermeneutiek (Berkhof, 1969:134: REC. 1990:7).

Derdens, en in die lig van bogenoemde verklaringsbeginsels, moet alle Skriftuurlike gegewens oor huwelik en seksualiteit gelees word teen die agtergrond van die skepping van man en vrou en die instelling van die huwelik en seksualiteit as die verkeer tussen man en vrou binne die geborgenheid van die huwelik. Hieroor enkele gedagtes. Kroeze (1970:16) vermeld dat God in die skepping by die mens spesifiek differensiasie van geslag aangebring het met die oog op seksuele verkeer. Daarmee begin die seksbegrip van die Ou Testament. Na die sondeval word hierdie heteroseksuele seksbegrip bevestig deurdat aan die vrou gesÍ word dat haar begeerte na die man sal wees. Hierdie begeerte dryf seksueel verskillendes na mekaar toe om die eenheid te soek wat deur die sondeval versteur is. Daarom haal Jesus hierdie woorde in Matteus 19:4-6 en Markus 10:5-9 aan om te bewys dat dat dit nie geoorloof is om om allerande redes van jou vrou te skei nie. Kroeze (1970:19) sÍ dat Jesus daarmee die bedoeling van God handhaaf dat die begeerte wat die eenheid soek nie ongebreideld tot uitdrukking moet kom in die eenwording van iedere willekeurige man met iedere willekeurige vrou nie. Dit sou dierlik wees.

Die begeerte moet vervul word in die huwelik, die onverbreekbare band van een man met sy eie vrou wat hy gekies het. Hoewel Kroeze hom in hierdie uiteensetting nie uitspreek oor homoseksuele gedrag nie, is dit billik om die afleiding te maak dat homoseksuele gedrag soos willekeurige seksuele gedrag teen die skeppingsorde van God ingaan. Douma (1984:75) kom tot dieselfde konklusie na sy bespreking van skepping en verbond. Ook Keane (1980:80) betoog dat die Skrifgedeeltes wat handel oor homoseksualiteit nie in isolasie gelees moet word nie, maar teen die agtergrond van die hoŽ premie wat die Skrif stel op die huwelik.

In reaksie teen hierdie standpunt betoog Johnston (1983:30) dat die skeppingswil van God nie as argument teen homoseksuele gedrag aangevoer kan word nie. Indien dit so was dat God slegs die monogame huwelik gewil het, dan moet geboortebeperking en mense wat nie trou nie ook as oneties beskou word. Volgens hom is die huwelik ingestel met voortplanting as doel. Dit is egter nie die vraag nie. Die vraag is wat God se bedoeling met seksualiteit is en uit die skeppinggebeure is dit duidelik dat seksualiteit bedoel is vir man en vrou binne die geborgenheid van ín vaste huweliksverhouding. Mense word in Genesis 1:28 nie verplig om te trou nie en ook nie om kinders te hÍ nie. Dit gaan hier oor die vervulling van die kultuurmandaat. Hierdie slotsom word versterk deur Genesis 2:5. Ook na die sondeval word aan die vrou gesÍ dat haar begeerte na die man sal wees (Gen. 3:16). VanweŽ die androgene karakter van baie Skrifgedeeltes moet die teendeel ook hier aanvaar word en dit is dat die man se begeerte na die vrou sal wees.

Homoseksuele gedrag is dus contra naturam. Dit druk, soos willekeurige seksuele verkeer, nie die natuurlike skeppingsorde ten opsigte van die verhouding tussen die geslagte, die huwelik en seksualiteit uit nie. Gesien in die lig van die eenheid van die Skrif behoort alle uitsprake oor seksualiteit en homoseksualiteit teen hierdie agtergrond gelees te word.

Met hierdie drie sake as vertrekpunt kan nou gelet word op die Skriftuurlike uitsprake wat direk handel oor homoseksualiteit, te wete Genesis 19; Rigters 19; Levitikus 18 en 20; Romeine 1; 1 KorinthiŽrs 6:10 en 1 Timotheus 1:8-10.

2.1 Genesis 19

Gen. 19 verhaal die gebeurtenis toe die twee engele as mans by Lot oornag het. Toe die mans van Sodom voor Lot se huis saamgedom het en hom gevra het om die mans uit te bring na buite sodat hulle met die mans ďgeslagsgemeenskap wou hÍĒ (Gen. 19:5). Lot het hulle gemaan om nie so ín ďverkeerde dingĒ te doen nie en aan hulle sy twee ongehude dogters aangebied.

Die tradisionele beskouing, soos verwoord deur Douma (1984:47), handhaaf die siening dat Lot die homoseksuele begeertes van die Sodomiete afwys en hulle liewer ín mindere sonde laat doen deur sy twee dogters aan hulle aan te bied. Die moderne siening stel die standpunt dat dit nie hier gaan om geslagsgemeenskap nie, maar dat die Sodomiete die mans net wou leer ken (jada). Daar is geen sprake van ín bedoeling van homoseksuele verkeer in hierdie vers nie (sien Grenz, 1990:20). Daar is ook nie bewyse van grootskaalse homoseksuele gedrag in Sodom nie. Voorts is die verkeerde ding waarna Lot verwys, nie dit wat hulle met die mans wou doen nie, maar die feit dat hulle ongasvry optree teenoor die mans aan wie hy ďonderdak gegee hetĒ (Gen. 18:8). In die Oosterse kultuurwÍreld is sulke ongasvryheid as verkeerd beskou (McNeil, 1977:43).

Hoewel dit waar is dat jada in die Ou Testament gebruik is vir ďom te leer kenĒ, is dit ook gebruik om geslagsgemeenskap aan te dui. Volgens die grammatikale verklaring vir die doeleindes van eksegese van Fretheim (1997:409) wys die woord jada in hierdie geval onteenseglik op homoseksuele verkeer, soos inderdaad ook die geval is in Lev. 18:20 en 20:13.

Wanneer die res van die Skrif oor die Sodomverhaal geraadpleeg word, kom EsegiŽl 16:49-50; 2 Petrus 2:6-8 en Judas 1:7 ter sprake. EsegiŽl 16 noem die sondes van Sodom hoogmoedigheid, hebsug, selfsug ťn dat hulle afskuwelike dinge gedoen het. Wat was hierdie afskuwelike dinge? 1 Petrus 2 praat van die goddelose mense van Sodom en dan word spesifiek na hulle sedeloosheid verwys. Judas 1:7 praat van die Sodomiete se onsedelike dade wat hulle wou pleeg met ďvreemde wesensĒ. Hierdie gegewens dui aan dat die goddelose lewe van die mense van Sodom weerspieŽl is in hulle sedelose gedrag. Hierdie sedelose gedrag het homoseksuele gedrag ingesluit, veral as Judas 1:7 te berde gebring word. Lot en die Sodomiete het die engele in Gen. 19 tog as mans beskou. En hulle as mans uit die huis geroep. In die lig van al hierdie gegewens is dit onwaarskynlik dat dit in die verhaal van Genesis 19 nie om ín afwysing van homoseksuele gedrag gehandel het nie. Die gebeure word ook nie net deskriptief aangebied nie, maar is duidelik preskriptief van aard.

2.2 Rigters 19

In Rig. 19 word die begeerte van die straatboewe om geslaggemeenskap met die Leviet in Gibea te hÍ deur die gasheer as ín begeerte tot ín immorele daad getipeer. In die tradisionele beskouing word hierdie uitspraak as ín verdere bewys beskou dat homoseksuele gedrag teen die wil van God is (Douma, 1984:52). Daarenteen is die moderne siening die mening toegedaan dat homoseksuele gedrag hier slegs sydelings aangespreek word (Gudorf, 2000:140). Volgens dŪe beskouing gaan dit hier om skending van die gasvryheid van die gasheer, die skending van die menswaardigheid van die gas en die verkragting en moord op die twee vroue. Dit is die afkeurenswaardige saak wat Israel genoop het om Gibea aan te val.

Die vraag is of hierdie gedeelte wel as preskriptief beskou kan word. Word hier nie maar net ín ongelukkige historiese gebeurtenis, wat uitgeloop het op ín oorlog, beskryf nie? Kan hieruit werklik etiese afleidings gemaak word wat steeds relevant is? Die saak kan soos volg beredeneer word: Eksponente van die moderne beskouing sÍ dat die woord nebalah, wat die gasheer gebruik om die daad te beskryf, eintlik ďdomĒ beteken. Hiervolgens sou die gasheer die aanvallers maan om nie ín dom ding te doen nie, omdat dit reperkussies kan hÍ Ė soos wat dit inderdaad gehad het. Die woord nebalah kan inderdaad ook vertaal word met dom. Maar Hamlin (1990:165) dui aan dat die woord hier gebruik word as dom in die sin ďnie kennis het van die wil van God nieĒ. Fausset (1999:300) is ook van oordeel dat die gasheer hierdie aanvallers beskou as ďdwase voor GodĒ omdat hulle dom is oor sy oordeel oor die moedswillge sonde. Die begrip nebalah beskryf ín handeling wat ingaan teen die ďvrees van die HereĒ. So word die begrip inderdaad gebruik in Psalm 74:18; Deuteronomium 32:5-6 en Jesaja 32:6. Die gasheer vermaan dus die aanvallers dat hulle begeerte die verbondsverhouding tussen God en die mens versteur. Die feit dat hy sy dogter en die byvrou van die gas aan die aanvallers uitlewer blyk dat hy hier ín morele konflik hanteer waarin hy vir die minste van twee immorele handelinge kies (Vorster, 2004:106).

Die voor die handliggende verklaring van hierdie gedeelte is dat die aanvallers se begeerte tot homoseksuele gedrag beskou word as ín sonde Ė selfs meer as heteroseksuele promiskuÔteit. Die gedeelte kan dus beskou word as preskriptief, want dit is ingebed in ín etiese tema wat deurlopend in die Skrif aangespreek word en dit is dat homoseksuele gedrag teen die wil van God is. Juis omdat die verbod op sulke gedrag ín deurlopende tema is, is dit nie tydgerig nie, maar behoort die uitspraak vir die kerk altyd relevant te wees.

2.3 Levitikus 18 en 20

Die tradisionele beskouing beskou die verbod op homoseksuele gedrag in hierdie heiligheidswette as ín etiese voorskrif wat vir alle tye geldig is en nie soos die seremoniŽle wette van die Ou Testament vervulling vind in die Nuwe Testament nie. Douma (1984:53) het in 1984 reeds uitvoerig geskryf oor die betekenis van hierdie gedeeltes vir ín Christelik-etiese standpunt vandag. Volgens hom lÍ die etiese uitspraak van Levitikus 18:22 en 20:13 in lyn met dit wat oor die saak in ander plekke in die Skrif aangedui word, soos blyk uit die reeds besproke dele van die Ou Testament en dit wat Paulus skryf in Romeine 1; 1 KorinthiŽrs 6 en 1 Timotheus 1. Hoewel die straf wat aangedui is vir homoseksuele gedrag naamlik, die doodstraf, wel verander, verander die strafwaardigheid voor God nie. In dieselfde wette geld die doodstraf vir owerspel, maar in die Nuwe Testament word owerspel ín vergeefbare sonde, sÍ Jesus (Joh. 8:11). Daaruit kan afgelei word dat ook homoseksuele gedrag ín vergeefbare sonde is. Dit bly egter sonde Ė ook in die Nuwe Testamentiese bedeling (Douma, 1984:62).

Die moderne beskouing het beswaar teen so ín letterlike verklaring en meen dat die gedeeltes soos ander ook in die breŽr verhaal van God se heilsgeskiedenis verklaar moet word (May, 2001:587). Hierdie breŽr verhaal is ín verhaal van bevryding en beteken ook bevryding van die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie. Hoogstens kan hierdie gedeeltes gelees word as ín verbod op homoseksuele promiskuÔteit en nie op ín permanente homoseksuele verhouding tussen twee persone nie.

Voorstaanders van hierdie beskouing grond hulle beswaar op die argument dat die wette oor homoseksualiteit deel is van die heiligheidswette van Israel, wat te doen het met kultiese en rituele reinheid van daardie tyd. McCormick & Russell (2002:188) verdedig hierdie standpunt soos volg:

First they (these citations Ė JMV) form a part of the ďHoliness codeí of ancient Israel, a code that was concerned primarily with cultic and ritual purity, with making certain the Hebrews were not defiled or contaminated by contact with unclean things or practices Ė particularly those of their idolatrous neighbors. As a result, this code forbids a number of practices that contemporary Christians would not see as immoral, including the eating of certain ďuncleanĒ foods and intercourse during menstruation. Second, scholars tell us that it is most likely that the condemnations of homosexual acts in Leviticus 18 and 20 are directed specifically against the practice of temple or cultic prostitution. Israelís Canaanite neighbors often used male prostitutes as part of their Worship Services of fertility gods and goddesses, and the biblical authors condemned any association with such idolatrous practices. Thus, it is unclear whether these passages can be seen as offering an absolute ethical condemnation of all homosexual acts.

Myns insiens word hierdie argument goed weerlÍ deur Potgieter en Van Huysteen (2002:87). Hulle toon met grondige sosio-historiese gegewens, verwysings na ander Skrifgedeeltes en woordeksegese aan dat dit nie hier gaan om die kultiese nie, maar om alledaagse gedrag. Ook wanneer die heilhistoriese lyne van die Bybel hieroor nagegaan word, kan daar geen bewys gevind word wat aandui dat die afwysing van homoseksuele gedrag opgehef word nie. Die teendeel is juis waar! Soos blyk uit Romeine 1; 1 KorinthiŽrs 6:10 en 1 Timotheus 1:8-10 word die homoseksuele persoon nie, soos die vrou en die slaaf, bevry nie, maar steeds gehou aan die verbod op homoseksuele gedrag. Wat die Skrif dus hier aanspreek is alle vorme van homoseksuele gedrag Ė nie net in die Ou Testamentiese bedeling nie, maar ook vandag.

2.4 Romeine 1

Seksuele immoraliteit was ín bekende verskynsel in die tyd waarin Paulus sy brief aan die gelowiges in Rome gestuur het. Hieroor sÍ Botha (2004:50) in sy onlangse studie:

Paul was at home in the Graeco-Roman world. He spoke the language, lived and work in its cities and knew its culture. Paul surely knew the Roman world inside out. He knew that there were a great deal of immorality, abortion and the exposure of children. Prostitution and the keeping of courtesians were equally common. Divorce was frequent and many married to get access to a large fortune.

Teen hierdie agtergrond stel Paulus sy vermaning in Rom. 1:26-27 teen homoseksuele gedrag. Ook hierdie gedeelte word deur die moderne beskouing geÔnterpreteer as ín uitspraak teen bepaalde vorme van homoseksuele gedrag en nie teen die gedrag in die algemeen nie. Keane (1980:79) verduidelik hierdie alternatiewe betekenis van Rom. 1. Volgens hom gaan dit hier om kultiese praktyke en die apostel vermaan gelowiges om hulle nie aan afgodery skuldig te maak deur deel te neem aan hierdie kultiese praktyke wat met allerlei seksuele immoraliteit gepaard gegaan het nie. Dit gaan hier, volgens hierdie beskouing, nie primÍr om homoseksuele gedrag nie. Johnston (1983:105) is ook hierdie mening toegedaan. Voorts word geredeneer dat die uitdrukking para fusin (teen die natuur) hier dui op ďteen die algemene kuturele gebruike van daardie tydĒ. Paulus vermaan dus gelowiges om nie teenoor die gangbare kultuur van hulle tyd, afgodiese praktyke te beoefen nie.

In sy onlangse sosio-historiese ondersoek toon Botha (2004:52) egter aan dat homoseksuele praktyke nie net tot die kultus beperk was nie. Pederastie (liefde vir seuns) en homoseksuele gedrag onder mans was ín bekende, aanvaarde praktyk in die Grieks-Romeinse kultuur. Hy grond sy standpunt op die ontleding van die semantiese domeine van die Skrifwoorde wat met onsedelikheid te doen het. Op grond hiervan toon hy aan dat die apostel in hierdie gedeelte ook die buite-kultiese onsedelikheid in die oog het.

Die uitdrukking para fusin kan ook nie anders vertaal word as met ďteen die natuurĒ nie. Hiermee sluit Paulus aan by die skeppingsorde. Homoseksuele gedrag is teen die skeppingswil van God en gaan in teen die diepste bedoeling van seksualiteit naamlik die geestelike ďeenwordĒ tussen man en vrou in die huwelik. Hier is ook nie sprake van ín bevrydende daad in die godsopenbaring soos die geval is met vroue en slawe nie. In sy omvangryke uiteensetting ten opsigte van die deurlopende Bybelse getuienis rakende hierdie temas kom Webb (2001:250) tot die volgende konklusie:

The same canons of cultural analysis, which show a liberalizing or less restrictive tendency in the slavery and women texts relative to the original culture, demonstrate a more restrictive tendency in homosexuality texts relative to the original culture.

Die afwysing van homoseksuele gedrag in die Ou Testamentiese openbaring word hier in die Nuwe Testament voortgesit met ín beroep op die skeppingswil van God. Homoseksuele gedrag word vir alle tye as contra naturam beskou.

2.5. 1 KorinthiŽrs 6:10 en 1 Timotheus 1:8-10

In hierdie twee gedeeltes word die woorde malakos en arsenokoites deur Paulus gebruik. Albei word in die standaardvertalings met homoseksualiteit vertaal. Letterlik beteken malakos sag en het dit volgens Botha (2004:73) op die oog af geen seksuele konnotasie nie. Arsenokoites, daarenteen, het ín duidelike seksuele betekenis. Wanneer die semantiese domeine van die twee woorde egter ondersoek word, blyk dit dat albei te doen het met homoseksualiteit en wel op ín interessante wyse. In hulle semantiese ondersoek kom Louw en Nida (1989:773) tot die konklusie dat arsekonoites dui op die aktiewe manlike persoon in die homoseksuele daad en malakos op die passiewe vennoot. Dit is dus korrek om hierdie woorde met ďmense wat homoseksualiteit bedryfĒ, te vertaal.

Die moderne beskouing betreur hierdie vertalings. Beide McNeil (1977:52) en Johnston (1983:107) betwyfel dit of hierdie woorde werklik so vertaal kan word. Tog meen hulle dat dit moeilik is om te bepaal wat Paulus met hierdie woorde bedoel het en neem aan dat hy bedoel die omgang van mans met seuns, of te wel, die sogenaamde pederastie. Moontlik het dit ook gewys op manlike prostitusie (McNeill, 1977:53). McNeill se standpunt, wat deur baie eksponente van die moderne beskouing nagevolg is, is in 1977 geformuleer. Hy het egter gebruik gemaak van verouderde en uitgediende metodes van woordanalises. Sedertdien is baie vordering gemaak met die ondersoek van begrippe binne hulle semantiese domeine. Met hierdie metode van ondersoek weerlÍ Louw & Nida ( 1989:773) die beskouing van McNeill en Johnston oortuigend en gee goeie redes vir die vertaling van hierdie woorde met ďmense wat homoseksualiteit beoefenĒ.

Gesien in die lig van die deurlopende etiese afwysing van homoseksuele gedrag deur die Ou en Nuwe Testament is dit moeilik om die moderne beskouing te aanvaar. Daar is genoeg grond om te konstateer dat die Skrif enige vorm van homoseksuele gedrag afwys as ín daad wat indruis teen die wil van God.

3. Etiese norme

Die wegskryf van die verbod op homoseksuele gedrag in die Skrif deur die moderne beskouing kom uiteindelik nie verby die contra naturam-argument nie. Homoseksuele gedrag is teen die skeppingswil van God en ín aantasting van die mens se beeldskap van God. Christelike etiek moet vanaf hierdie vertrekpunt beweeg. Indien dit nie aanvaar word nie, moet etiese beginsels ten opsigte van baie ander sake ook onder verdenking geplaas word. Boonop sou ín mens kon argumenteer dat die oproep om die werke van die vlees (Gal. 5: 13 Ė 26) te bestry nie meer geldig is nie omdat al die sake wat daar aangedui word, dan ook as normale gedrag getipeer kan word. Eerder moet gesoek word na ín wyse waarop die liefdesgebod en die Christelike opdrag tot deernis en barmhartigheid vir die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie. Hiervoor is dit nodig om meer te sÍ oor die aard van die homoseksuele oriŽntasie en die implikasies daarvan vir ín Christelik-etiese beskouing.

3.1 Die homoseksuele oriŽntasie

Die rapport wat gedien het voor die Algemene Sinode van die NGKSA bied, met verwysing na verskeie navorsers in verskille dissiplines uit die gedragswetenskappe en die natuurwetenskappe, ín genuanseerde bespreking van die oorsake van homoseksuele oriŽntering. Aandag word gegee aan die siening van die oriŽntering en die bestudering daarvan deur die loop van die geskiedenis. Die rapport dui aan dat die oorsake van die homoseksuele oriŽntering lÍ in ín kombinasie van konstitutiewe (aangebore), psigiese en sosiale faktore wat moontlik ín rol kan speel. Daar is navorsers wat dit toeskryf aan sielkundige faktore en nuwer navorsing wat ín saak uitmaak vir ín basiese genetiese aard van homoseksualiteit. Dan is daar ander navorsing wat ook moontlik sou kon dui op die aangebore aard van die verskynsel wat kan ontstaan as gevolg van bepaalde hormonale invloede tydens swangerskap, die ontwikkeling van die breinstruktuur en die moontlike invloed van chromosomale variasies. Die rapport meld verder:

Sosiale faktore wat oor die jare in aanmerking gekom het as moontlike oorsake van homoseksualiteit, is onder andere gesinsdinamika (dominante moeders en afwesige vaders), opvoedingspatrone (seuns wat soos meisies en dogters wat soos seuns grootgemaak word), verleiding van kinders deur volwassenes en die blootstelling aan die voorbeeld van homoseksuele persone (NGKSA, 2004:12).

Wetenskaplike navorsing wat gedoen word in verskillende dissiplines het nog nie duidelik vasgestel of daar ín genetiese oorsaak van ín homoseksuele oriŽntasie is nie. Sommige in die gedragswetenskappe is oortuig dat ín homoseksuele oriŽntasie:

Does not depend on a genetic predisposition, hormonal imbalance, abnormal learning processes, but on difficulties in the parent-child relationship, especially in the earlier years of life (Moberly, 1983:2).

Hierdie navorsing word in ander kringe skepties bejeŽn. VanweŽ die etiese aard van hierdie ondersoek word nie ín keuse gemaak tussen die navorsingsresultate nie. Tog blyk dit dat die standpunt wat Moberly (1983:2) hierbo stel die wydste aanvaarding geniet. Hierby word in hierdie etiese perspektief aangesluit. Wat verder belangrik is, is om te aanvaar dat daar minstens genoeg wetenskaplike getuienis is wat aandui dat persone met ín egte of kernhomoseksuele oriŽntasie op een of ander wyse hierdie oriŽntasie buite hulle beheer ontvang of ontwikkel het. Dit was nie hulle keuse nie (Balswick & Balswick, 1999:100). Daar is ook genoeg getuienis dat hierdie persone nie hulle oriŽntasie kan verander na ín heteroseksuele oriŽntasie nie (Keane, 1980:78). Hoewel die oorsaak van ín homoseksuele oriŽntasie dus nog nie bo alle twyfel vasgestel is nie moet aanvaar word dat, ten minste persone met ín egte of kernhomoseksuele oriŽntasie, nie hulle oriŽntasie self gekies het nie. Hierdie argument geld egter nie by mense wat die homoseksuele oriŽntasie doelbewus aangeneem het soos byvoorbeeld gevangenes, soldate of ander sosiale verbande waar dit as normaal aanvaar word nie.

Die vraag wat na die lees van al hierdie navorsingsresultate na vore kom en wat, soos reeds gesÍ, vir ín etiese beoordeling uiters noodsaaklik is om te beantwoord, is of hierdie oriŽntasie en homoseksuele gedrag as normaal aanvaar moet word en of dit as ín afwyking beskou moet word? Die Skrif beskou homoseksuele gedrag as contra naturam. Wat sÍ die wetenskap? In 1973 het die American Pschycological Association homoseksuele gedrag afgehaal van die lys van afwykende gedragspatrone en dit sedertdien beskou as ín normale variant van seksualiteit (Botha, 2004:3). Hierdie beskouing is in baie lande en gemeenskappe nagevolg en baie kerke het vrede daarmee.

Tog is die saak ook uit ín modern-wetenskaplike oogpunt nie so eenvoudig nie. Moberly (1983:21) bied in hierdie opsig belangrike insigte. Met haar psigologiese navorsing het sy bevind dat die persone met ín homoseksuele oriŽntasie opmerklike verlies ervaar. Hierdie verlies het ontstaan in die groeiproses waar bepaalde leemtes in gesinsverhoudinge bestaan het. Op die hantering van daardie verlies word later teruggekom. Hieruit kan ook tot die konklusie gekom word dat ín homoseksuele oriŽntasie nie as normaal beskou kan word nie omdat daar bepaalde emosionele en psigologiese behoeftes en verliesbelewing is wat nie algemeen by mense voorkom nie. Indien geoordeel word dat hierdie verliesbelewing normaal is en dus nie belangrik is nie, waarom word ander gedragspatrone soos ín geneigdheid tot chemiese afhanklikheid, woedeuitbarstings, maniese depressie, paniekaanvalle, ín pedofiele oriŽntasie, kleptomanie en ander afwykende gedragspatrone nie ook as normaal aanvaar nie?

Vir ín etiese besinning is die volgende twee twee gevolgtrekkings dus bepalend:

Die persoon met die egte of kernhomoseksuele oriŽntasie het die oriŽntasie nie gekies nie en kan volgens wetenskaplike gegewens tot op datum hierdie oriŽntasie nie verander nie.
ín Homoseksuele oriŽntasie is ín psigologiese en ín sosiale afwyking en homoseksuele gedrag kan nie beskou word as ín normale variant van seksualiteit nie.
Nou kan gelet word op die betekenis van hierdie gevolgtrekkings vir die homoseksuele verhouding, vir die erkenning van ín huwelik tussen homoseksueles en vir homofobiese gedrag.

3.2 Die homoseksuele verhouding

Die etiese beginsels ten opsigte van homoseksuele gedrag maak enige vorm van homoseksuele gedrag onaanvaarbaar. Daarom kan die moderne standpunt dat homoseksuele gedrag aanvaarbaar is, solank dit geskied binne ín vaste verhouding en onderworpe is aan dieselfde vereistes as die heteroseksuele huwelik, nie aanvaar word nie. Indien wel, dan moet al die ander menslike oriŽntasies wat deel is van die gebroke wÍreld waarin mense leef en waarteen hulle moet stry ook binne bepaalde voorwaardes goedgekeur word. So ín standpunt bring by implikasie dus die hele saak van Christelike lewensheiliging in gedrang.

Hierdie Bybelse beginsel vind steun in die wetenskap. Ook op grond van wetenskaplike navorsing sÍ Moberly (1983:21) dat homoseksuele gedrag nie die oplossing van die probleem van verliesbelewing by die persoon met die homoseksuele oriŽntasie is nie. ín Permanente homoseksuele verhouding is ook nie die antwoord nie. Juis omdat die oriŽntasie die gevolg is van ín verliesbelewing in so ín persoon se vormingsjare en dit die kardinale saak is wat aangespreek moet word, is so ín persoon nie in staat tot ín permanente verhouding nie (Moberly, 1984:36). Die oplossing lÍ in die persoon se hantering van sy oriŽntasie en moet op die psigologiese vlak gesoek word.

Homosexuality involves both a state of incompletion and a drive towards completion. The normal process of psychcological growth has been checked in a significant respect, but the potential for restoration is not absent, and the process of growth may be resumed. This reparative attempt is, we must repeat, the solution and not the problem. The normal process of growth has been interrupted and left unfulfilled, and the capacity for same-sex love is itself the attempt to restore the disrupted attachment. It is this that the homosexual strives towards.

3.3 Vir erkenning van die homoseksuele huwelik

Wat hierbo gesÍ is, geld ook vir die huwelik tussen persone met ín homoseksuele oriŽntasie. ín Ander argument kan hierby gevoeg word. Omdat homoseksuele gedrag contra naturam is, bring dit die menswaardigheid van die mense wat betrokke is, in gedrang. Die mens as beelddraer van God is op weg uit die gebroke bedeling. Dit is God se bedoeling dat die mens ín nuwe mens word en moet uitgroei uit die ruheid en onvolmaakdheid van hierdie aarde. Die mens onderweg moet juis stry teen die letsels van die sondige bedeling. Christus se soenverdienste maak hierdie stryd moontlik en die Heilige Gees begelei God se kinders op hierdie vernuwingspad. Die mens wat hom oorgee aan gedrag wat juis een van die gevolge is van die gebroke bedeling, bring sy beeldskap van God in gedrang. Dit geld nie net homoseksuele gedrag nie, maar alle gedrag wat in stryd is met die vrugte van die Gees (Gal. 5:22-24).

Daarom kan die sogenaamde homoseksuele huwelik nie as menswaardig beskou word nie. Die Christelike etiek erken menswaardigheid as een van die fondamente van die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika. Maar ín verbintenis wat contra naturam is, bring die Christelik-etiese beskouing oor menswaardigheid in die gedrang en moet dus vanuit hierdie perspektief gesien word as in stryd met hierdie grondwetlike waarde. Meer sal hieroor gesÍ word wanneer die plig van die owerheid behandel word.

3.4 Vir homofobiese gedrag

Hoewel homoseksuele gedrag contra naturam is, is die homoseksuele mens soos alle gebroke mense egter die beeld van God. Die Christelike leer van die mens as beeld van God is die grondslag vir die christen se menswaardige hantering van sy naaste. Mense is nie vanselfsprekend menslik nie, maar moet menslik wees en menslik word (KŲnig, 1993:57). Verontmensliking van ander deur diskriminasie of haatspraak stol die proses van self mens word.

Hierby vereis die liefdesgebod ín liefde tot alle mense. Christelike liefde kan nie beperk word tot persone van dieselfde groep, volk, ras, stand of ook seksuele oriŽntasie nie. As gebroke mens wat stry teen sy eie gebrokenheid moet die christen alle ander mense ongekwalifiseerd liefhÍ, hoewel hy die sonde haat. Die persoon met ín homoseksuele oriŽntering moet dus met liefde betrag word. Soos in die geval van rassisme, etnosentrisme, xenofobie, en seksisme, moet homofobiese gedrag afgewys word (Vorster, 2004:155). Homofobiese gedrag is onmenslik Ė vir die dader sowel as vir die objek. Verder is dit aantasting van die homoseksuele mens se beeldskap van God en strydig met die liefdesgebod.

4. Die plig van die kerk

Die standpunt van Hauerwas (2002:341 ) dat die kerk nie ín ďsosiale etiek het nieĒ maar ďín sosiale etiek isĒ, is in die omlyning van die taak van die kerk ten opsigte van homoseksualiteit, van besondere belang. Hoewel hy anders oor die hantering van homoseksualiteit oordeel, is die klem wat hy lÍ op die kerk as voorbeeld van morele saamleef van mense in hierdie opsig waardevol. As ín algemene vertrekpunt kan dus gesÍ word dat die kerk as ďsosiaal-etiese voorbeeldĒ die samelewing moreel opbou sodat die waardestelsel van die gemeenskap die Skriftuurlike etiese perspektiewe weerspieŽl. Die kerk is per slot van sake, in getuienis en as ín voorbeeldige vorm van samelewing, ín morele opinievormer.

Wanneer die algemene vertrekpunt verder verfyn word, kan die volgende gesÍ word: Die taak van die kerk is eerstens om ín duidelike prinsipiŽle getuienis die samelewing in te dra. Juis in hierdie tyd, wat die vrug is van jarelange sekularisering van seksualiteit met al sy negatiewe en pynlike gevolge vir mense en verhoudinge, moet die Skriftuurlike beginsels duidelik onderstreep word. Die Rooms Katolieke kerklike tradisie is hierin inderdaad ín voorbeeld. Ongelukkig het die stem van die Protestantisme in die samelewing vanweŽ onderlinge verskille oor die saak van seksualiteit grotendeels irrelevant geword en blyk dit dat in sommige kringe telkens slegs ín etiese onderbou gegee word vir die verdere sekularisering van seksualiteit.

Tweedens het die kerk ín besondere roeping teenoor mense met ín homoseksuele oriŽntasie. In die uitvoering hiervan is dit nodig om onderskeid te tref tussen homoseksuele oriŽntasie en homoseksuele gedrag (Moberly, 1983:1). Hoewel die kerk geen erkenning kan gee aan enige vorm van homoseksuele gedrag en aan die homoseksuele huwelik nie, moet die kerk in pastorale bewoŽndheid omsien na die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie. Die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie dra soos ander mense die beeld van God en is geregtig om ten volle as mens gerespekteer en behandel te word (McCormick & Russell, 2002:192). So ín persoon moet volledig in die gemeenskap van die gelowiges opgeneem word en kan nie as gevolg van die afwykende oriŽntasie uitgesluit word uit, byvoorbeeld, die kerklike ampte nie. So ín persoon moet gelei word om die afwykende oriŽntasie te hanteer sonder om dit op enige wyse seksueel uit te leef. Net soos enkellopende heteroseksuele mense, geskeides, weduwees en wewenaars nie hulle seksuele begeertes in buite-egtelike verhoudinge mag uitleef nie, net so moet die persoon met die homoseksuele oriŽntasie nie sy seksuele begeerte uitleef in homoseksuele gedrag nie.

In die begeleiding van die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie moet in ag geneem word dat die persoon ín bepaalde verlies probeer verwerk en hierin kan die pastorale bediening ín groot bydrae lewer. Moberly (1983:36) sÍ:

Unmet needs are to be met Ė but without erotisation. It is the sexual expression of pre-adult pschycological needs that is unacceptable, and it is in this sense that one may say that God did not intend homosexuality. The needs are legitimate: the only question is of the legitimate means of fulfilling such needs when they have not been met in the ordinary process of growth.


Sy sÍ verder dat dit nie help om die persoon te oorreed tot die aangaan van ín heteroseksuele huwelik nie, want

Marriage (heterosexual Ė JMV) cannot be a cure for homosexuality, since a relationship with the opposite sex cannot deal with same-sex deficits. Indeed, the practice of heterosexuality may bring unhappiness not only to the homosexual but to the heterosexual partner (Moberly, 1983:38).


Ook die oproep tot seksuele onthouding kan nie gesien word as die enigste oplossing nie. Hierdie oproep moet gepaard gaan met die begeleiding om die verlies te verwerk. By die persoon is daar psigologiese behoeftes betrokke en hy kan sy oriŽntasie, wat nie verander kan word nie, beter hanteer en beter keuses uitoefen as hierdie behoeftes op psigologiese vlak aangespreek word (Moberly 1983:21).

5. Die plig van die owerheid

Twee sake is onder die soeklig wat betref die plig van die owerheid teenoor persone met ín homoseksuele oriŽntasie soos beredeneer in die huidige diskoers in Suid-Afrika. Die eerste is die wettiging van ín huwelik tussen twee persone van dieselfde geslag en die tweede is of daar teen persone met ín homoseksuele oriŽntasie gediskrimineer mag word in bepaalde omstandighede. Oor die wettiging van ín homoseksuele huwelik word tans in Suid-Afrika besin. Na die uitspraak van die AppŤlhof in Suid-Afrika in Desember 2004, is in ín hoofartikel van die Afrikaanse dagblad, Beeld (Anon. 2004:20), geoordeel dat die uitspraak ín suiwer juridiese uitspraak is en nie ín morele uitspraak nie. Hiermee het die dagblad die opinie van baie voorstaanders van die huwelik tussen mense van dieselfde geslag weergegee. Hierdie standpunt gaan uit van die positivistiese beskouing dat regspraak paradigmavry of moreel neutraal is. Hierdie positivistiese beskouing kan egter met goeie gronde bevraagteken word. Die post-modernistiese wetenskapsbeskouing het reeds so ín benadering as ongeldig bewys (Kuhn, 1970:VIII; Knox, 1993:1; Rossouw, 1993:894; Vorster, 1996:10). Alle wetenskapsbeoefening en rasionele standpuntinnames funksioneer, en word bepaal deur, bepaalde paradigmas. Dieselfde kan gesÍ word van regspraak. Regspraak funksioneer nie in ín vakuum asof dit ďobjektiefĒ is nie. Ook regspraak is altyd waardegedrewe en geskied binne ín bepaalde geldende paradigma.

Die uitspraak oor huwelike tussen mense van dieselfde geslag in Suid-Afrika gaan uit van ín bepaalde beskouing van gelykheid en menswaardigheid Ė in hierdie geval ín sekulÍr-humanistiese lewens- en wÍreldbeskouing. Vanuit ín Christelike etiese perspektief kan hierdie onderliggende lewens- en wÍreldbeskouing bevraagteken word. Eerstens stry dit teen die Skriftuurlike idee van menswaardigheid. As die mens toegelaat word om ín huwelik aan te gaan wat contra naturam is, reduseer dit menswees tot op die vlak van die dierlike want die mens is juis, anders as diere, uit die willekeurigheid van seksuele verkeer uitgelig. Dieselfde geld oor heteroseksuele verhoudings wat losgemaak word van die liefde tussen man en vrou. Die uitspraak is dus ook ín morele uitspraak wat op ín gemeenskap afgedwing word. As morele uitspraak druis dit in teen die onverbondenheid wat die owerheid teenoor godsdienstige beskouinge moet handhaaf. Met die wettiging van die huwelik tussen mense van dieselfde geslag neem die owerheid dus ín besliste morele posisie in en kom sy onverbondenheid in gedrang.

Vanuit ín ander hoek benader, kan ín verdere argument teen die wettiging van ín homoseksuele huwelik gevoer word. ín Grondwet en die toepassing daarvan in regspraak, behoort die waardes van die gemeenskap in ag te neem (Van der Vyver, 1999:670; Vorster, 2004:89). Uitoefening van die regte moet nie teen die waardestelsel ingaan nie, want dan vervreem dit die grondwet van die gemeenskap en geskiedenis waaruit die grondwet gegroei het. Die sterk Christelike inslag van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die invloed van die Islam en die tradisionele Afrikagodsdienste in daardie bepaalde gemeenskappe is sterk gekant teen die wettiging van die huwelike tussen persone van dieselfde geslag. Daarom behoort die owerheid so ín huwelik nie te wettig nie.

Oor die beskerming van die ander menseregte van persone met ín homoseksuele oriŽntasie kan egter anders geoordeel word. In ín grondwetlike demokrasie kan die owerheid nie anders as om die regte van alle mense te erken en te beskerm nie. Alle burgers leef immers onder die beskerming van die grondwet en word verplig om die verantwoordelikhede wat die grondwet oplÍ na te kom. Die klem wat die huidige Suid-Afrikaanse owerheid lÍ op die beskerming van die regte van voorheenbenadeeldes, vroue en gestremde mense moet verwelkom word. Dit is in lyn met die norme van die Christelike etiek. Ook die persone met ín homoseksuele oriŽntasie se regte moet beskerm word. In hierdie opsig is die opvatting van die Vatikaan (Brash, 1995:74) dat dit nie ín onreg is om teen mense met ín homoseksuele oriŽntasie te diskrimineer in terreine soos onderwys, sportafrigting, militÍre werwing, openbare behuising en gesondheidswerk, nie verdedigbaar nie. Behalwe dat so ín opvatting in stryd is met die liefdesgebod, weerspreek dit die kernbeginsels van ín grondwetlike demokrasie. Hierdie opvatting bevorder ook homofobie.

Die owerheid kan vanweŽ sy staanplek as ín godsdienstig-onverbonde owerheid en die beginsels van godsdiensvryheid en vryheid van gewete nie ín bepaalde waardesisteem op ín gemeenskap afdwing nie. Hy kan alleen die bestaande waardes in ag neem soos reeds hierbo geredeneer is. Daarom lÍ dit nie op die weg van die owerheid om seksualiteit met wetgewing te reŽl nie. Daar mag dus nie met wetgewing teen mense met ín homoseksuele oriŽntasie gediskrimineer word soos wat by tye in die geskiedenis wel plaasgevind het nie. Seksuele moraliteit moet gevorm word deur kerke, ander godsdienstige instellings en opvoedkundige verenigings by wyse van opvoeding en oorreding en nie by wyse van owerheidwetgewing nie.

6. Konklusie

Die vrae wat in die inleiding van hierdie artikel gestel is kan, in die lig van die navorsing, soos volg beantwoord word:

Homoseksuele gedrag is contra naturam. Daarom moet enige vorm van homoseksuele gedrag deur die Christelike etiek afgewys word. Die persoon met die homoseksuele oriŽntering het die verantwoordelikheid om hom te weerhou van homoseksuele gedrag net soos alle ander mense ten opsigte van hulle gebroke menslike natuur selfbeheersing moet beoefen.

Volgens die gedragswetenskappe is die homoseksuele oriŽntering van kern- of egte homoseksueles nie veranderbaar nie. Hierdie oriŽntasie is geleŽ in ín bepaalde verlies in die ontwikkelingsfases gedurende die kinderjare. Die kerk behoort met Christelike liefde en pastorale deernis die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie te begelei om hierdie verlies te verstaan en te verwerk.

Die gelowige persoon met ín homoseksuele oriŽntering, wat nie homoseksuele gedrag beoefen nie is, soos ander, ín beelddraer van God en moet as volle lid van die kerk hanteer word en dieselfde regte as enige ander gelowige geniet. As landsburger moet die persoon met ín homoseksuele oriŽntasie alle regte van die grondwet geniet en mag daar op geen wyse teen so ín persoon gediskrimineer word nie.

VanweŽ die feit dat homoseksuele gedrag conta naturam is, kan die Christelike etiek en dus ook die kerk nie enige legitimiteit verleen aan ín homoseksuele verhouding of ín homoseksuele huwelik nie. VanweŽ die feit dat ín grondwet groei uit ín bepaalde geskiedenis en die waardestelsel van die gemeenskap weerspieŽl, behoort die grondwetlike hof uitspraak te lewer teen die wettiging van homoseksuele huwelike.

Homofobiese gedrag en ook diskriminasie teen persone met ín homoseksuele oriŽntasie is strydig met die liefdesgebod en dus oneties. Die kerk en die owerheid moet alle vorme van homofobiese gedrag afwys.

Persone met ín homoseksuele oriŽntasie het dus die reg om volledig menslik behandel te word in die kerk en in die samelewing, maar het die plig om hulle te weerhou van enige vorm van homoseksuele gedrag.

Geraadpleegde bronne


ANON, 2004. Hoofartikel: Gay huwelike. Beeld:20, Des 2.

BALSWICK, J.K. & BALSWICK, J.O. 1999. Authentic human sexuality. An integrated Christian approach. Downers Grove: InterVarsity Press.

BERKHOF, L. 1969. Principles of Biblical interpretation. Grand Rapids: Baker Book House.

BOTHA, P. 2004. The apostle Paul and homosexuality: A socio-historical study. Potchefstroom: North-West University (Potchefstroom Campus), (Ph.D thesis.).

BRASH, A.A. 1995. Facing our differences. The church and their gay and lesbian members. Geneva: WCC Publications.

DE BRUYN, P.J. 1998. The Ten Commandments. Potchefstroom: P.U. vir C.H.O.

DOUMA, J. 1984. Homofilie. Kampen: J van den Bergh.

EDWARDS, G.R. 1984. Gay/lesbian liberation, A Biblical perspective. New York: The Pilgrim Press.

FAUSSET, A.R. 1999. A critical and expository commentary on the Book of Judges. Edinburgh: Banner of Truth Trust.

FRETHEIM, T.E. 1997. Jada. (In VAN GEMMEREN, W.A. 1997. New international dictionary of Old Testament theology and exegesis, Volume 2. Grand Rapids: Zondervan. p. 409-415.)

GRENZ, S. 1990. Sexual ethics. A Biblical perspective. London: Word Publishing.

GUDORF, C. 2000. The Bible and science on homosexuality. (In BALCH, D.L. Homosexuality, science and the ďplain senseĒ of Scripture. Grand Rapids:Eerdmans. p. 121 Ė 141.)

HAMLIN, E.J. 1990. Judges. At risk of the Promised Land. Grand Rapids: Eerdmans.

HAUERWAS, S. 2002. The Hauerwas reader. London: Duke University Press.

JOHNSTON , M. 1983. Gays under grace. A gay Christianís response to the moral majority. Nashville: Winston-Derek Publishers.

KEANE, P.S. 1980. Sexual morality, A catholic perspective. Dublin: Gill & Macmillan.

KNOX, C. 1993. Changing Christian paradigms and their implications for modern thought. New York: Brill.

KŲNIG, A. 1993. Menslike mense. Gelowig nagedink. Deel 5. Oor die mens en die sonde in die praktyk. Halfway House: Orion.

KROEZE, J.H. 1970. Bybel en seks. Braamfontein: De Jong.

KUHN, T.S. The structure of scientific revolutions. Chicago: The University of Chicago Press.

LOUW, J.P & NIDA, E.A., ed. 1898. Greek-English Lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, volume 1: Roggebaai: Bible Society of South Africa.

MACOURT, M. 1977. Towards a theology of gay liberation. London: SCM Press.

MAY, M.A. 2001. Homosexuality. (In Fahlbusch, E. et al. The Ecyclopedia of Christianity. Leiden: Brill. Volume 2:587 Ė 589).

McCORMICK, P.T. & RUSSELL, B.C. 2002. Facing ethical issues. Dimensions of character, choices & community. New York: Paulist Press.

MCNEILL, J.J. 1977. The Church and the homosexual. London: Darton, Longman & Todd.

MOBERLY, E.R. 1983. Homosexuality: A new Christian ethic. Cambridge: James Clarke.

NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA, 2004. Rapport insake homoseksualiteit wat gedien het voor die Algemene Sinode 2004. Pretoria: NGKSA.

NGKSA. kyk NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA.

POTGIETER, J. & VAN HUYSTEEN, F. 2002. Homoseksualiteit in perspektief. Hoop en heling uit die Bybel. Wellington: Lux Verbi.

REC. kyk REFORMED ECUMENICAL SYNOD.

REFORMED ECUMENICAL SYNOD, 1990. Report on hermeneutics and ethics. Grand Rapids: REC

ROSSOUW, G.J. 1993. Theology in a post modern culture: Ten challenges. Hervormde Teologiese Studies, (49):894-907, November.

VAN DER VYVER, J.D. 1999. Constitutional perspective of the Church Ė State Relations in South Africa.Brigham Young University Law Review. (2): 665-678.

VAN WYK, J.H. 2001. Etiek en eksistensie in koninkryksperspektief. Potchefstroom: Potchefstroomse Teologiese Publikasies.

VORSTER, 1996. Is die kerk funksioneel? Gedagtes oor gereformeerde kerkvernuwing in ín post-moderne konteks. Potchefstroom: Potchefstroomse Teologiese Publikasies.

VORSTER, J.M. 2004. Ethical perspectives on human rights. Potchefstroom: Potchefstroom Theological Publications.

WEBB, W.J. 2001. Slaves, women and homosexuals. Exploring the hermeneutics of cultural analysis. Downers Grove: InterVarsity Press.

(1) Christelike etici gebruik verskillende terme om hierdie menslike oriŽntasie te beskryf. Benewens die term homoseksualiteit word die terme ďhomofilieĒ (Douma, 1984:9; Moberly, 1983:20), ďhomogenitalĒ of ďsame sex ambivalenceĒ em homo-eroticĒ gebruik (Keane, 1980:72). In die algemene omgangstaal word die term ďgayĒ gebruik. Hoewel Moberley (1983:20) oordeel dat die term ďhomoseksualiteitĒ dui op ín eensydige erotisering van die toestand, word die term tog in hierdie artikel gebruik vanweŽ die feit dat dit die mees gebruikte benaming is vir persone se liefde tot mense van dieselfde geslag. Daar sal egter deurgaans onderskei word tussen ďhomoseksuele oriŽntasieĒ as aanduiding van die aard van die persoon en ďhomoseksuele gedragĒ as die persoon se aktiewe seksuele uitlewing van die oriŽntasie.

(2) Vir ín gedokumenteerde uiteensetting van hierdie beskouing en die etiese implikasies daarvan kan gewys word op die werke van Edwards (1984:47); Botha (2004:4); Johnston (1983:163).

 
terug na bo
 
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0