Eenheid in Waarheid.
Die GKSA soek en onderhou bande met kerke wat dieselfde kosbare geloof deel, plaaslik en internasionaal, om die eenheid van die kerk van Christus te beleef.
- Ekumeniese Eenheid
- Die diepste vorm van eenheid (een kerkverband). Ons erken mekaar se attestate, ruil preekbeurte uit en beroepings is moontlik. Dit is die realisering van een kerkverband oor grense heen.
- Ekumeniese Bande
- Verhoudings met kerke wat verskillende belydenisse onderskryf maar gelyksoortige leer en tug handhaaf. Ook waar voorbereidende gesprekke plaasvind.
- Ekumeniese Kontak
- Gesprek en samewerking in vergaderings (soos die ICRC) of werk saam aan spesifieke take, sonder dat dit noodwendig eenheidsbande impliseer.
Ekumeniese Eenheid
Kerke waarmee ons 'n volle susterkerkverhouding handhaaf.
Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland (CGK)
Nederland
Eglise Reformee Confessante au Congo (ERCC)
Kongo
Orthodox Presbyterian Church in America (OPC)
VSA
Reformed Churches of New Zealand (RCNZ)
Nieu-Seeland
Kosin Presbyterian Church in Korea (KPCK)
Suid-Korea
Christian Reformed Churches of Australia (CRCA)
Australië
Reformed Church Botswana (RCB)
Botswana
Free Church of Scotland (FCS)
Skotland
Free Church of Scotland (Continuing) (FCS(C))
Skotland
Presbyterian Church Australia (PCAus)
Australië
United Reformed Church of Congo (URCC)
Kongo
Sudanese Reformed Churches (SRC)
Soedan
African Evangelical Presbyterian Churches (AEPC)
Afrika
Presbyterian Church in America (PCA)
VSA
United Reformed Churches of North America (URCNA)
VSA en Kanada
Igreja Presbiteriana do Brasil (IPB)
Brasilië
Reformed Presbyterian Church of Central and Eastern Europe (RPCCEE)
Sentraal- en Oos-Europa
Presbyterian Free Church of Central India (PFC(CI))
Indië
Ekumeniese Bande
Kerke waarmee ons sterk bande en verhoudings bou.
International Presbyterian Church (IPC)
Internasionaal
Iglesia Nacional Presbiteriana de México, A.R. (INPM)
Meksiko
Reformed Presbyterian Church of India (RPCI)
Indië
Igreja Presbiteriana de Angola (IPB Angola)
Angola
Reformed Church Japan (RCJ)
Japan
De Gereformeerde Kerken (GK)
Nederland
Die GKSA het ook nog verdere kerklike kontak met kerke regoor die wêreld.
Kontak die Administratiewe BuroDie bande in die Acta
Ná die watersnood in Nederland het die jong kerk in 1862 en 1863 vir die mense in nood gekollekteer: £40 in die Vrystaat en die Kaapkolonie, en £37 13s. 3d. in die Republiek. Die kerk self het in daardie tyd 'n lang droogte beleef.
Van 14 tot 30 Augustus 1946 het afgevaardigdes van die GKSA die eerste Gereformeerde Ekumeniese Sinode in Grand Rapids, Michigan, bygewoon.
Bron: Acta 1949, art. 25
Die vierde Gereformeerde Ekumeniese Sinode het van 6 tot 13 Augustus 1958 op Potchefstroom vergader. Dertien kerke het afgevaardigdes gestuur, sewe van hulle uit die buiteland.
Bron: Acta 1961, art. 46
Dr. D.G. Breed van die GKSA is moderator van die Uitvoerende Komitee van die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke (ICRC). In Oktober 2024 het die ICRC sy Afrika-streekkonferensie in Kaapstad gehou.
Bron: Acta 2026, art. 116
Internasionale Liggame
International Conference of Reformed Churches (ICRC)
Lid
Internasionale konferensie van Gereformeerde kerke wat getrou bly aan die Reformasiebelydenis.
World Reformed Fellowship (WRF)
Lid
'n Wêreldwye gemeenskap van evangeliese Gereformeerde Christene.
World Communion of Reformed Churches (WCRC)
Waarnemer
Wêreldwye gemeenskap van kerke (voorheen REC/WARC).
AEA en TEASA
Waarnemer
Association of Evangelicals in Africa / The Evangelical Alliance of South Africa.
Binnelandse Gesprekke
Ons is ook in gesprek met kerkverbande in Suid-Afrika. Met die VGKSA het die Sinode 2026 'n memorandum as 'n roetekaart na eenheid goedgekeur. Die Konvent vir Reformatoriese Kerke vergader tans nie, en die deputate probeer om dit weer te laat vergader.
Afrikaanse Protestantse Kerk
Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika
Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Nederduitse Gereformeerde Kerk
Rynse Kerk van Suid-Afrika
Vind jou Kerk
296 kerke. Een belydenis. Daar is 'n Gereformeerde Kerk naby jou wat gereed is om jou te verwelkom.
